Groet die skerpioen by Taalmonument
2010-11-04
STERREKYK-GEESDRIFTIGES kan Saterdag 6 November ’n piekniek geniet sowel as die sterrehemel verken, in samewerking met die Orion Observasiegroep (OOG), ’n informele sterrekundeklub van die Boland by die Taalmonument op Paarlberg. Die piekniek begin om 18:00. ’n Begeleide toer van die Monument sal aangebied word om 18:30. Besoekers sal van 20:00 tot 22:30 onder leiding van lede van OOG deur teleskope na die sterre kan kyk. Diegene met verkykers word aangemoedig om dit saam te bring en besoekers sal ook leer om sommer met die blote oog die naghemel te verken. Die tema is ‘Groet die skerpioen’, want daar gaan vir oulaas hierdie jaar die hoofsterrebeeld van die winternaghemel gegroet word soos hy saans dreig-dreig om onder die westelike horison te sak. Toegang by die hek is R20 (R10 vir kinders). Vir besprekings, skakel 021-872-3441 of 072-181-6744 (ook vir weernavrae). Sterrekykaande sal gekanselleer word indien die weer sleg is. Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjie saam te bring of om een by Volksmond Koffiewinkel te bestel (021-863-2800). Bring ook warm klere
More
News
|