Fees by Windmeul
2010-11-04
DIE tweede Windmeul Waterblommetjiefees en Potjiekoskompetisie word op Saterdag 6 November van 09:00 by die kelder aangebied, saam met die dertiende Windmeul Plaasmark. Geniet ’n uitsonderlike wyn- en koservaring in ’n plattelandse atmosfeer by dié kelder in Agter-Paarl. Die twee potjiekoskompetisies wat deel is van die Windmeul Waterblommetjiefees bestaan uit waterblommetjie-potjiekos en enige ander potjiekosgereg. Altesaam 25 spanne neem deel. Musiek is ook deel van die fees en die musikante Andriëtte Norman en Pietman Peter Mitchell tree op. ’n Wyntent en kontantkroeg is ’n bonus. Vir meer inligting, skakel 021-869-8100 of besoek www.windmeulwinery.co.za
More
News
|