Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kry ook die regte makelaar

Kry ook die regte makelaar
 
2010-11-11


EK verwys na die artikel van Alida Buckle (Aan jou Kant) wat verwys na ’n Paarliet wat nie deur sy versekering gedek is nie, ná ’n inbraak.

Die wenke oor korttermynversekering is sekerlik waardevol. Maar miskien moet nog ’n wenk bygevoeg word: gebruik die regte makelaar.

Ek het vir etlike jare my korttermynversekering gereël deur my bank se makelaars. Onlangs het ek daarvan bewus geword dat my premies vir sekere items baie hoër was as wat ’n ander persoon vir soortgelyke items by dieselfde versekeraar (Santam) deur ’n ander makelaar betaal.

Ek het derhalwe my Santam-polis aan dié makelaar voorgelê en gevra vir ’n kwotasie vir dieselfde dekking deur Santam.

Die resultaat: Die premie vir dekking van my huis is nou R111 per maand (dekking R1 228 000) teenoor R278 (dekking R1 116 083).

’n Verdere baie groot verskil is dat die bankmakelaar kommissie van R127 per maand vra, benewens ’n polisfooi van R35 per maand, terwyl my nuwe makelaar net R15 per maand vra. Die koste van dekking vir die ander items verskil ook, maar in geringer mate.

My totale maandelikse premie vir dieselfde dekking by dieselfde versekeraar is nou R511 teenoor die R821 wat dit deur die bankmakelaars gekos het.

Ontnugter




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za