Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dis nie só maklik nie

Dis nie só maklik nie
 
2010-11-11


IN ’n berig onder die opskrif “Nog ’n krisis tref Hugenote Kollege” (Paarl Post 4 November) word ’n stelling in verband met ’n vroeër beoogde samewerkingspoging met die Universiteit van Stellenbosch gemaak: “Die antwoord hierop sal eenvoudig klink, met die ontbinding van die kollege as private instelling. Maar die direksie het tot dusver versuim om werk te maak hiervan.”

Die ontbinding van die artikel 21 Hugenote Kollegemaatskappy sal in dié verband geen verskil maak nie.

Die Kollege was voor die maatskappystigting ’n vereniging wat in effek beteken dat dit al die jare ’n private opleidingskollege was.

Alhoewel daar verskillende gestaltes van organisasies sonder winsoogmerk is, byvoorbeeld verenigings, artikel 21-maatskappye en trusts, het die destydse Kollegeraad in die lig van kundige advies besluit om van ’n vereniging na ’n artikel 21-maatskappy oor te gaan.

Die besluit het betrekking op die soort regsentiteit wat die Kollege wil wees en dit het geen impak op die ooreenkoms met die Universiteit van Stellenbosch nie.

Dit is nie korrek om te dink met die “ontbinding van die kollege as private instelling” sal alle probleme soos mis voor die son gaan verdwyn nie.

Die direksie kan dus nie goedsmoeds van “versuim” beskuldig word nie.

Intussen doen die Kollegebestuur indringende beplanning aan die hand van moontlike scenario’s met betrekking tot die strukturering van die Kollege se kernbedrywighede.

Die beplanning sal deur die Kollegedireksie oorweeg word met die oog op ’n strategiese plan vir die bedryf van die Kollege in die toekoms. Ds André du Toit (Hoof: Bemarking & Kommunikasie, Hugenote Kollege)




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za