Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bankkoste onder die loep

Bankkoste onder die loep
 
2010-11-11


DIE gelde wat banke in Suid-Afrika hef, is sedert die bekendmaking van die Solidariteitbeweging (Solidariteit, AfriForum en Helpende Hand) se onlangse verslag daaroor, ’n warm onderwerp.

Luidens hul verslag is ENB en Capitec die goedkoopste banke, met Nedbank derde en Absa en Standard Bank die duurste.

Beteken dit nou dat jy jou bankrekening onmiddellik moet skuif indien jy by een van die “duur” banke ’n rekening het? Beslis nie!

As kliënt neem dit tyd om ’n goeie verhouding met ’n bank op te bou en indien jy van dieselfde tak gebruik maak, ook met die bankpersoneel. Dit kan in ’n oomblik van krisis dalk net beteken dat jy ’n noodlening kan maak, of nie.

Tweedens: Wie sê volgende jaar dié tyd is Standard Bank se gelde nie dalk so aangepas dat hulle die goedkoopste lopende rekening aanbied nie? Dit wissel en die banke pas hul gelde op verskillende tye in die jaar aan.

Verbruikers kan self sorg dat hul bankkostes laag bly, by hul bestaande bank, deur hul bankstate deeglik deur te gaan en op hoogte te bly van wat in hul rekening aangaan. In plaas daarvan om elke maand honderde rande op te dok vir bankkoste, vra jou bank of hulle ’n mandjie-keuse het. Jy betaal dan ’n enkelbedrag, meestal onder R100. Spaar koste deur jou banksake elektronies te doen en gebruik ’n debietkaart eerder as om kontant te trek - dit is by die meeste banke goedkoper.

Onthou dat ’n spaarrekening rente verdien en ’n tjekrekening nie.

Gaan loer by jou bank se webwerf vir nog meer wenke om koste te spaar.

Stuur jou pluimpie vir goeie diens, verbruikersklagte of ’n storiewenk na edit@paarlpost.co.za.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za