Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Aspoestertjie kom Paarl toe

Aspoestertjie kom Paarl toe
 
2010-11-11


OP Saterdag 13 November word die skreeusnaakse Aspoestertjie in die Ou Meul-teater opgevoer om 10:00.

Soos in die bekende sprokie word Aspoestertjie afgeknou deur haar nare stiefma en dié se twee aaklige dogters.

Gelukkig is Faktotum Fourie weer op die toneel om te help dat Aspoester by die bal uitkom. En ook om te sorg dat hy weer vir haar opspoor as sy haar skoen vergeet.

Stiefma word ook uitsorteer, maar wat haar lot is, sal gehore moet kom kyk.

Die akteurspan bestaan uit Esther von Waltsleben, Stephanie Hough en Jan-Hendrik Opperman. Kaartjies is R40 (skakel 083-564-0056).




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za