Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Breytenbach-sentrum vier fees

Breytenbach-sentrum vier fees
 
2010-11-11


DIE Breytenbach-sentrum se Bollemakiesie-fees bereik ’n hoogtepunt dié naweek op Wellington.

Laatslapers wat nog nie kaartjies vir die kabaret, “Spore”, ontvang het nie, kan nog spring om dié besonderse stuk te sien vanaand. Van die sentrum se jong talent is te sien saam met bekende akteurs Brendon Daniels en Crystal Roberts.

Vrydagaand, om 19:00, kan musiekliefhebbers in die tuin van die Breytenbach-sentrum hulself verlustig in die klanke van Arno Carstens. Kaartjies vir die vertoning is R120 en piekniekmandjies kan bestel word.

Saterdag skop die dag af met ’n kinderfees wat elke ouer én kind se droom is: ’n veilige kinderprogram met propvol speletjies - van gesigverf, springkasteel tot vark-se-stert en eier-in-die-lepel.

Terwyl die kinders propvol aktiwiteite gebied word, is daar vir die grootmense ’n lekker kuieratmosfeer met kosstalletjies en ’n musiekverhoog waarop plaaslike kunstenaars hulle buiging sal maak.

Die Wellington Brass Band, Amabhulu?!, die Wellingtonse Klopse, die Mbekweni Black Bafana’s en Andiego sal hier te sien wees. Kaartjies is R10 en sluit alle toegang in tot al die aktiwiteite op die perseel vanaf 10:00 tot 16:00.

Saterdagaand is die energieke en diverse musiekgroep, Tucan Tucan, te sien. Hulle musiek bied ’n kaleidoskoop van klanke met Afrika-ritmes vermeng met Suid-Amerikaanse elemente.

Morné Meyer, wat ’n musiekskool vanuit die Breytenbach-sentrum bedryf, sal saam met sy groep open vir Tucan Tucan.

Programinligting is beskikbaar by 021-873-2786, info@breytenbachsentrum.co.za. Kaartjies vir Arno Carstens en Tucan Tucan kan bespreek word by Magdel Kemp, 072-52913 of teater@breytenbachsentrum.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za