Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dana en Klopjag in Paarl

Dana en Klopjag in Paarl
 
2010-11-11


DIE skrywer Dana Snyman en die musiekgroep Klopjag span saam in “Baby as ek verby ry…” by die Ou Meul-teater op Sondag 14 November om 16:00.

Hulle neem die gehoor op reis na ’n wêreld van agterpaaie, gastehuise, klein kroegies en vreemde dorpies met unieke karakters en stories.

Dis ’n onvoorspelbare reis wat ’n venster oopmaak na ’n wêreld wat dikwels op die oog af net beskore is vir reisjoernaliste en musikante op toer, maar as jy mooi luister kom jy agter jy ken elke karakter, miskien onder ander naam met ander gesig in ’n ander dorp.

Die kombinasie van Dana se stories verstrengel met Klopjag se musiek pas soos ’n handskoen. Die produksie gebruik nostalgie, humor en musiek met groot sukses om die prentjies vir die gehoor te skets.

Dana se vertelstyl is selfs beter in lewende lywe as in sy boeke en dis werklik ’n belewenis om die eerlike en opregte wyse waarop hy stories vertel, gekombineer met Klopjag wat op hul instrumente die onderliggende emosies en tema van elke storie met gemak uitbring, te ervaar.

Die produksie bring twee grotes in hul onderskeie genres byeen en bied die teaterganger ’n emosionele reis wat jou oplaai in die Danielskuil van Dana se jeug en jou op al die agterpaaie saamvat en aflaai in die realiteit van die 21ste eeu. Al bagasie wat jy nodig het, is lag, verbeelding en jou ore, die res sal jy langs die pad optel.

Kaartjies is R80 by 083-564-0056 of vstemmet@gmail.com.

) Kaleidoskoop, ’n Afrikaanse musiekgroep wat hul musiek uit ‘n positiewe, dog realistiese oogpunt komponeer, bring op Vrydag 12 November om 20:00 ’n broodnodige boodskap van hoop.

Met kleurryke harmonieë en skerp poliritmiese akoestiese instrumente neem Kaleidoskoop ’n hele spektrum van musiekvorme aan. Soos die suggestie in hulle naam weerspieël, laat Kaleidoskoop jou deur hul Afrikaanse musiek anders na die kleure van liefde, menswees en die lewe kyk... kom kyk saam met hulle deur die Kaleidoskoop! Kaartjies is R50 by 083-564-0056 of vstemmet@gmail.com.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za