Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kaartjies vlieg vir Oppieberg Platinumkonsert

Kaartjies vlieg vir Oppieberg Platinumkonsert
 
2010-11-11


VOLGENS die organiseerders van die Oppieberg Platinumkonsert is kaartjies vir hierdie skouspel besig om soos soetkoek te verkoop.

Die glanskonsert met Afrikaanse supersterre Juanita du Plessis, Kurt Darren en à capella sanggroep Navi Redd vind op 3 Desember by die Paarl Amfiteater plaas.

Platinum-prinses Juanita maak haar eerste buiging op die amfiteater se verhoog waar ander vooraanstaande kunstenaars soos Steve Hofmeyr en Theuns Jordaan ook al gehore bekoor het.

Kurt Darren is geen vreemdeling in die amfiteater nie en is van mening dat hierdie unieke opelug-lokaal een van die bestes in die land is.

Daar word letterlik tonne toerusting vir klank en beligting tydens die konsert gebruik en tegnici is alreeds druk besig met die aflewering hiervan voordat installering eersdaags begin.

Geen koste word bespaar om te verseker dat konsertgangers slegs die beste kwaliteit klank kan geniet nie.

Kom geniet die natuurskoon, heerlike kos en wyn saam met vriende en familie en sluit die jaar op ’n hoë noot af!

Daar sal ’n verskeidenheid kos- en wynstalletjies beskikbaar wees. Hekke open reeds om 17:30. Daar is nog beperkte spasie vir kosstalletjies beskikbaar en belangstellendes kan navrae aan die Cultivaria-kantoor rig.

Kaartjies is R110 tot R150 en is aanlyn beskikbaar by www.cultivaria.com of 021-872-9754.

Vyf gelukkige lesers kan dubbelkaartjies wen na die Oppieberg Platinumkonsert. SMS die naam van die sanger wat saam met Juanita optree na 32363 om te kan wen.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za