Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Frank Opperman by die Ou Meul-teater

Frank Opperman by die Ou Meul-teater
 
2010-11-11


DIE bekende akteur Frank Opperman is terug op die verhoog met ’n splinternuwe eenmanstuk, “Rooikaart”. Dit is by die Ou Meul-teater te sien op 18 en 19 November om 20:00.

Ná die sukses van “Die uwe Pottie Potgieter” verras Opperman se vermoë jou weer eens wanneer hy ’n splinternuwe verhoogkarakter skep in die gedaante van Wally Koekemoer.

Wally laat jou deurgaans glimlag wanneer hy dinge kwyt raak wat jou onwillekeurig herinner aan iemand in die regte lewe!

Wally Koekemoer is die president van ’n plaaslike rugbyklub. Die verhoogstuk speel af in die klub, waar die jaarlikse rugby-prysuitdeling plaasvind. Wally behartig die prysuitdeling en doen sy bes om alles bymekaar te hou, ten spyte van die klein probleempie dat meeste van die spelers nie opgedaag het nie...

Wally het ook ’n paar geraamtes in die kas, wat deur die loop van die aand uitkom. Op sy eie lomp manier probeer hy sy aksies regverdig en in die proses val hy letterlik oor sy eie voete!

Die teks van Dana Snyman is skreeusnaaks en met Opperman se dinamiese vertolking, onder regie van Gys de Villiers, sal jy definitief met ’n groot glimlag uit die teater stap. Kaartjies is R100 by Vicky Stemmet (083-564-0056 of vstemmet@gmail.com).

) Woensdag 17 November om 20:00 is daar lekkerlag-pret met Lagnes, gesonde improvisasiekomedie vir die hele gesin, die hond, die kat en die goudvis wat dryf in sy bak.

Die vertoning is geskoei op die gewilde TV-reeks, “Whose line is it anyway”. Wat jy dus op die verhoog sien, dink die Lagnes-Monsters net daar uit.

Daar is geen vooraf uitgewerkte teks nie, so die gehoor se idees word deurentyd ingewerk om dinge interessant te maak.

Die sleutel tot Lagnes se sukses, is uniekheid. Geen vertoning van Lagnes is ooit dieselfde nie, en is definitief ’n moet vir jou lagspiere. Enigiets kan en sal op die verhoog gebeur, dit hang alles van die gehoor af. Daar gaan natuurlik vir al die gelag betaal word, maar weet net, die gelaggery is beslis dit moeite werd!

Kaartjies is R40 by Vicky Stemmet (083-564-0056 of vstemmet@gmail.com).




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za