Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gospelsanger in Strooidakkerk

Gospelsanger in Strooidakkerk
 
2005-10-06


VYFTIEN jaar gelede het ’n skamerige liedjieboer op die gospelmusiektoneel verskyn. Piet Smit was sy naam.

Sondagand om 19:00 het mense die geleentheid om na hom te luister wanneer hy in die Strooidakkerk, Paarl optree.

Baie vroeg al het mense hom begin vergelyk met van ons land se beste digter-skrywers soos Koos du Plessis, en nie sonder goeie rede nie.

Liedjies soos Die Man in die middel, Die Oorwinningslied, Meer en meer soos Jesus en Herders in die veld het in die beginjare ’n groot merk gemaak en oor kerkgrense heen het die mense Piet se liedjies begin sing en luister.

Piet wou nog altyd net sy eie liedjies met mense deel, in sy eie onopgesmukte styl.

Dit was die passie wat hom laat begin sing het, en dis nog steeds die motivering agter sy optredes, sy liedjies en sy CD’s.

Tog het die sukses nie agterweë gebly nie, en meeste van die albums wat hy opgeneem het, het goud en self platinum verkoopsyfers behaal.

Nou is daar weer ’n nuwe solo album op die mark, getitel Twee Growwe Hande. Wanneer mens vir die eerste keer na hierdie album luister, voel dit amper asof jy dit al jare lank ken.

En dan besef jy: hierdie is ’n hele klomp pragtige, nuwe liedjies! Uit Piet se eie hart, in sy eie woorde en voorgedra op sy eie warm, unieke manier. Die sentrale boodskap wat deur die liedjies geweef word, is een van hoop en innerlike genesing.

Piet som dit op as volg: “Die twee growwe hande van die titel verwys na Jesus se skrynwerkershande, wat aan gebrokenes en siekes gevat het.

“Ek wil hê mense moet opnuut besef en ervaar dat die Here vandag nog bereid is om aan ons te raak en ons heel te maak, net soos met die melaatses, lammes en siekes in die Bybel. Dit is wat ek met hierdie album wil sê.”



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za