Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Krieket-telbord

Krieket-telbord
 
2010-11-11


JULIES EN LIBBIE RED BERGRIVIER Bergrivier I het Sondag sy wedstryd teen Darling I gewen met 45 lopies.

Darling het die loot gewen en die Wellingtonners ingestuur om te kolf op ’n lewendige kolfblad en ’n stadige buiteveld. Bergrivier se kolwers was vroeg in die moeilikheid met 7/3 en moes behoorlik die wal gooi om nie goedkoop uitgehaal te word nie.

’n Vennootskap van 108 lopies tussen Waylon Libbie (58; 2x4, 1x6) en Markie Julies (72; 4x4, 2x6) het gesorg vir ’n stewige grondslag vir ’n totaal van 218/6. Charlton Manual (42, 2x4) het ook sy stem kom dik maak. Danwill Philander was Darling se beste bouler met 8-1-26-4.

Darling se beste kolwers was Philander (35; 3x4), Shane Adams (34; 2x4), Marius Appollis (23*; 4x4) en Manfred Mentoor (23; 2x4).

Bergrivier se beste boulers was Libbie (9-0-22-2), Fabian Arendse (9-1-31-2) en Elrico van Wyk (8-1-31-2).

) NAELSKRAAP VIR PAARL-OOS I

Alhoewel Paarl-Oos se eerstes net 117 (almal uit) kon aanteken in hul wedstryd teen Vredenburg/Saldanha op die New Orleans-velde, het goeie boul-en veldwerk die knoop net-net deurgehaak en het hulle die wedstryd met 2 lopies gewen. Die enigste kolwer vir die Paarliete wat weerstand kon bied, was Morné de Vries (45 2x4).

Waylin September (9-2-15-3) was die Paarliete se beste bouler wat ook goed bygestaan is deur Tiaan Cloete (9-1-25-3) en Zynodien Fredericks (8-2-12-2).

Paarl-Oos se tweedes het maklik klaargespeel met Piketberg en met 5 paaltjies gewen. Piketberg het eerste gekolf en kon 167 aanteken. Paarl-Oos se tweedes het die totaal maklik verbygesteek met Bjorn Hollenbach (50 4x4 1x6), Edrich Cook (32 3x4) en Werner Erasmus (28 4x4 1x6) as die beste kolwers. Die Paarliete se beste boulers was Chrisnan Oosthuizen (9-1-21-3), Cook (6.3-1-25-3) en Dane Schoor (3-0-8-2).

) DRAKENSTEIN KLOP SPES BONA

Drakenstein Edu KK het Saterdag op die prentjiemooi Laborie krieketveld vir Spes Bona van Stellenbosch met 18 lopies geklop.

Die besoekers het die loot gewen en nie gehuiwer om Drakenstein op ’n lewendige kolfblad in te stuur nie. Dit het na die regte besluit gelyk toe Spes Bona die tuisspan op 24/3 laat steier het. ’n Skitterende kapteinsbeurt deur Lindsay Davy het egter die Drakies se beurt weer op koers gekry. Davy, (54 3x6 1x4) is goed bygestaan deur PJ de Villiers met 24 (3x4 1x6). Drakenstein kon 176 lopies aanteken.

Spes Bona het kom kolf en aanvanklik ook gesukkel teen goeie naatboulwerk van Marshall Lategan 2/27 en Boetie Hendricks 2/40.

Die besoekers het egter tussen die 20 ste en 30 ste beurte teen 7 lopies per beurt gekolf en gelyk of hulle die wedstryd maklik sou wen. Wayne Jacobs, 2/15 en Chester Kuiler, 2/12 het egter ander planne gehad en met skitterende boulwerk die brieke aangedraai. Die besoekers se laaste paaltjie het in die 41ste beurt met hul telling op 158 geval, nog 18 lopies agter Drakenstein.

Die klub se tweedes het op die CPUT-ovaal met 5 paaltjies teen Coronation II vasgeval. Drakenstein het eerste gekolf en danksy Nigel Fredericks (30) ’n skaflike 169 op die telbord geplaas. Coronation het die telling met 5 paaltjies plat verbygesteek, met Anvill Isaacs, 2/26 Drakenstein se beste bouler.

Die derde span het op Kraaifontein teen Easterns III met 120 lopies verloor.

) TIERE BOBAAS IN DERBY

Die SRRadiators Young Peoples Krieketklub se eerste span het Saterdag in sy Derby teen Paarl KK met 3 paaltjies geseëvier.

Paarl kolf eerste en behaal 176/8 in 45 boulbeurte, danksy goeie bydraes deur Wayne Jantjies (36) en kaptein Graham Adams (34). Vir die Tiere het Justin Ontong (2/33),Charlton Daniels (1/33) en Lorenzo Jacobs (1/28) goed geboul. Peoples het voor `n groot skare op Parys-veld die teiken gejaag, maar op reëlmaat paaltjies verloor.

Dit was egter Tom-Ross Fortuin (41),Wade October (29) en Dominic Daniels (45nun) wat die knoop vir die Tiere deurgehaak het.

Die tweede span het op sy beurt gemaklik vir Mbekewni met 9 paaltjies afgeransel. Mbekweni kon slegs 135 lopies bymekaarskraap, danksy goeie boulwerk deur Marlin Carolissen (4/13). Die kolwers wat vir Peoples uitgeblink het, was Mark Borchards (87nun) en Audin Carolissen (35nun). Die derde span se wedstryd teen Paarl-Oos III op Allandale het nie afgekom nie weens ’n onvoorbereide kolfblad.

Verlede week was dit `n skitterende honderdtal deur Stanton Kamalie (102) wat gesorg het dat Peoples met 11 lopies kon seëvier teen Van der Stel III op Daljosafat.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za