Oudisies vir musieksentrum
2005-10-06
DIE Frank Pietersen Musieksentrum in Sanddriftstraat, Paarl, hou die week van 24 tot 28 Oktober hul jaarlikse oudisies vir plasing in 2006.
Enigeen wat belang stel om ’n musiekinstrument te speel, kan vooraf ’n afspraak reël deur die sentrumkantoor tussen 10:00 en 18:00 te skakel by 872-2123/4.
Veral laerskoolleerders word aangemoedig om van hierdie geleentheid gebruik te maak.Hoërskoolleerders en volwassenes is ook welkom.
Onderrig word gegee in alle simfonie-orkesinstrumente, klavier, blokfluit, jazz-instrumente, klassieke kitaar, orkestrale perkussie en Afrika perkussie, asook koorsang en individuele sangonderrig.
More
News
|