Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellingtonners mik weer vir eerste plek

Wellingtonners mik weer vir eerste plek
 
2010-11-11


“DIE plan is om weer te wen.”

Só sê Heimer Anderson, spankaptein van Wellington se Anderson Transport fietsryspan, wenners van die 2009 Coronation Double Century fietswedren wat weer op 27 November in die Overberg plaasvind.

“Een jaar wen ons die DC en Daikin-GU wen dit dan weer die volgende jaar. As ons nou volgens die geskiedenis gaan, is hierdie nie ons jaar nie. Tog het ons vanjaar ’n baie beter, meer gebalanseerde span,” reken Anderson, wat baie uitsien na die DC.

Vanjaar sluit die span onder andere vir Martin Weseman, Dave Morrison, Charles Key, Stuart Marais, John Wakefield, Bruce Diesel en Jan-Hendrik Hanekom in.

Die Coronation Double Century is ’n fietsren vir spanne oor ’n afstand van 202km.

Spanne bestaan uit tot twaalf fietsryers en het 10 ure en 30 minute vanaf hul amptelike wegspringtyd om klaar te maak.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za