Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Moordenaars nog op vrye voet

Moordenaars nog op vrye voet
 
2010-11-11


DIE polisie op Klapmuts het nog geen arrestasies gemaak ná die verkragting en moord van ’n jong vrou ses weke gelede nie.

Die liggaam van Liezel Middelpos (23) is op 4 Oktober gevind tussen opslaanhuise in die informele woongebied Mandela City, skaars 200 meter van haar familiewoning in Remmittstraat.

Sy is die vorige dag laas lewend gesien nadat sy en vriende vanaf Kraaifontein teruggekeer het.

Liezel is dood weens kopbeserings wat veroorsaak is deur verskeie houe met ’n stomp voorwerp.

Drie verdagtes is later ondervra in verband met haar moord en bloed- en speekselmonsters is van hulle geneem vir DNA-toetse.

Die verdagtes is egter weer op vrye voet totdat die uitslag van die DNA-toetse bekend gemaak kan word. Dit sal ten minste ses maande duur.

Tans het die polisie geen ander bewyse wat die verdagtes kan vastrek nie en versoek dus die publiek se hulp met hul ondersoek. Indien enigiemand inligting het oor Liezel se moord, kan hulle die Klapmuts polisie skakel by 021-875-8000.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za