Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Musiek in die Voorkamer

Musiek in die Voorkamer
 
2005-10-06


DIE Mooikelder Herehuis bied die eerste in ‘n reeks somerkonserte Sondag om 17:00 aan met Sanja Anastasijevic (mezzo-sopraan) en Peter Valentovic (pianis). Kaartjies is R40 (by Adri 869-8787 0f 082-749-8936).

Peter Valentovic, tans koormeester van Kaapstad Opera en sangdosent by UCT, is gebore in Bratislava, Slovakia.

Hy studeer aan die Musiekuniversiteit in Wenen en die Nasionale Konservatorium in Parys.

Hy debuteer as konsertpianis in 1998 met Shostakowitch se Klavierkonsert No 1 met die orkes van die Bratislava Konservatorium.

Hy het ook opgetree in Wenen en Parys asook Salzburg, Cardiff en Kaapstad waar hy Verdi se Nabucco gedirigeer het.

Sanja Anastasijevic kom van Serbië en is opgelei in Wenen en Graz.

Sy wen verskeie sangkompetisies in Joegoslawië en Italië en het al onder meer opgetree in Wenen, Graz, Novi Sad, Praag en Belgrado.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za