Beboet
2010-11-11
’n MAN is onlangs beboet nadat hy ’n valse verklaring by die polisie afgelê het. Emile Adams (27) het ’n klag van diefstal by die polisie ingedien en beweer dat hy beroof is van sy selfoon en geld. Adams se verklaring het nie gerym nie en by nadere ondersoek het die polisie vasgestel dat hy nooit beroof is nie. Hy is van regsverydeling aangekla en is verlede week hieraan skuldig bevind. Hy is gevonnis tot ’n boete van R1000 of 100 dae gevangenisstraf.
More
News
|