Bekende sterf op fiets
2010-11-11
Lise Beyers
DIE adjunk-hoof van die Hawekwa-gevangenis op Wellington, het gistermiddag skielik gesterf tydens 地 fietsrit in die Paarl. Jumat Petersen (55) het oudergewoonte saam met 地 groep vriende wat ook by korrektiewe dienste betrokke is, vanaf Allandale-gevangenis na die Paarl gery per fiets. Met die terugrit het hulle by die verkeerslig stilgehou by die aansluiting van Optenhorststraat met die Bergrivier Boulevard voor Paarl MediClinic. Toe hulle weer wou wegtrek, het Petersen omgeslaan. Met die aankoms van lede van die ambulansdiens enkele minute later, was Petersen reeds oorlede. Hy het vermoedelik aan 地 hartaanval gesterf. Petersen het twee jaar gelede juis om gesondheidsredes beュgin fietsry, en volgens kollegas was hy 地 gretige mededinger. Petersen het diep spore getrap in die plaaslike korrektiewe dienste, waar sy vrou, Jenny, ook betrokke is. Die afsterwe van Petersen het nou 地 demper geplaas op die komende prestasie-toekennings van korrektiewe dienste. Daar word verwag dat Hawekwa se bestuurspan, van wie Petersen lid was, sal pronk tydens hierdie toekennings. Die Petersen-familie was teen druktyd te getraumatiseerd om te praat oor die voorval. * The assistant chief of Hawekwa correctional services in Wellington, died suddenly yesterday while cycling.
More
News
|