Studeer die "raakvat" manier by Boland Kollege
2010-11-11
IS jy in die laaste pylvak van jou skoolloopbaan met die moeilike taak van ’n loopbaankeuse wat jou in die gesig staar? Of het jy graad 9, 10 of selfs 11 suksesvol voltooi en is op soek na praktiese opleiding wat jou gaan voorberei vir die wêreld van werk? Of jy nou ’n bobaas-kok wil raak, lief is vir die buitelewe of ’n rekenaar-fundi is – Boland Kollege bied ’n verskeidenheid praktiese programme aan. Registreer op 12 en 13 Januarie onderskeidelik vir ’n Nasionale Beroepsgerigte Sertifikaat (NSB) of Nasionale N-Diploma program van jou keuse. In 1998 gevestig, deur ’n samesmelting van vier onafhanklike opleidinginstansies, het Boland Kolllege uitgestyg as ’n innoverende leier in die opleiding van jeug in die Wes-Kaap. Met behulp van verskeie strategiese vennote, bied die Kollege topgehalte geakkrediteerde en koste-effektiewe opleiding aan in Caledon, Paarl, Stellenbosch, Strand en Worcester asook by satellietkampusse in Hermanus en Kleinmond. Hul NSB programme bied graad 9-11 leerders ’n alternatief tot ’n akademiese kwalifikasie; deur gefokuste industrie-relevante opleiding wat wissel van Bemarking, Elektriese Infrastruktuur, Konstruksie, Finansies, Ekonomie en Rekeningkunde, Gasvryheidstudies en Gemeenskapsveiligheid tot Ingenieurstudies en Verwante Ontwerp, Inligtingtegnologie en Rekenaarwetenskap, Kantooradministrasie, Siviele Ingenieurstudies en Boukonstruksie asook Toerisme (Nasionale Kwalifikasieraamwerk Vlakke 2-4). Indien jy besig is met matriek of dit alreeds voltooi het, oorweeg een van die Nasionale N-Diplomaprogramme in diverse velde soos Boerderybestuur, Finansiële Bestuur, Ondernemingsbestuur, Bemarkingsbestuur, Menslike Hulpbronbestuur, Toerismebestuur, Sport- en Bemarkingsbestuur, Gasvryheid- en Spysenieringsdienste, Sekretarieel en Vroeë-kindontwikkeling. Om meer uit te vind, besoek www.bolandcollege.com of skakel 021-886-7111 of 021-872-3323.
More
News
|