Feestelike ontbyt by Stokkiesdraai Kunstefees
2005-10-06
DIE Wellington Tuinbouklub en TuinPaleis tydskrif bied op 22 Oktober 地 ontbyt aan saam met Reg Botha, bekende tuinontwerper (soos gesien op die Kyknet-program, TuinPaleis). Tydens die ontbyt sal Reg meer inligting verskaf oor tuinmaak in ons omgewing, wenke gee vir 地 pragtige tuin heeljaar en praktiese raad aanbied vir probleemareas. Nico van Zyl, streeksbestuurder van Starke Ayres kwekery, gaan meer vertel van hulle nuwe saadpakkies, kruiebakkies en grasprodukte. Daar is ook 地 groepbespreking oor plante geskik vir die streek. Die geleentheid vind plaas in die Wellington- Noord Onthaalsentrum langs die NG Kerk Wellington Noord te Yorkstraat, Wellington vanaf 08:30 tot omtrent 13:00. Kaartjies is R100 elk en sluit 地 driegangontbyt in. Tien persent van die dag se winste sal aan 地 liefdadigheidsinstansie geskenk word. Plante en ander mooi goedjies is te koop . Kaartjies is beskikbaar by Basson Skoene, Kerkstraat 41, Wellington of skakel Charmaine Theron by tel 873-4858 of 084-623-7422.
More
News
|