Leefstylkalender
2010-11-18
* Competition. The judging of Miss Drakenstein Festival of Lights 2010 will take place on 20 November at the Paarl Town Hall. The competition is open for girls 16-25. Entry forms are available from tourism offices or on 082-795-4521 or lee.tcevents@live.co.za. Tickets to the gala evening cost R150 per person (including a three course meal). * Verlig. Die Afrikaanse Taalmonument sal tot 20 November saans blou verlig word ter ondersteuning van Wêreld-Diabetesmaand. Die Monument is gedurende die somer oop tot 20:00. Navrae aangaande diabetes-maand kan gerig word aan Keegan Hall, bemarkingsbestuurder van Diabetes Suid-Afrika by tel. 011-886-3765/21. * Suikertoetse. As deel van Internasionale Diabetesdag, bied Paarl Medi-Clinic in samewerking met die Paarlse Diabetes-sentrum gratis bloedglukose-toetse aan die publiek op Vrydag 19 November vanaf 09:00 in die Pick n Pay-sentrum in die middedorp. * Class of 1990. It’s hard to believe that it’s been 20 years! Come and reminisce with the Class of 1990 of Noorder Paarl Senior Secondary School on 16 December at Joie de Vivre Country House in Klapmuts. For more information, contact Dina Baloch at 072-873-4915. * Diens vir dowes. Die dowe gemeenskap word uitgenooi na ’n spesiale erediens vir dowes op Sondag 21 November om 09:00 by die AGS Kerk in Wellington. Die prediker is pastoor Rensburg Aggenbach. Dit sal ook die laaste diens vir dowes by dié kerk wees vir 2010. * Kwilt-uitstalling. ’n Kwilt-uitstalling word gehou op Vrydag 26 November vanaf 10:00 tot 17:00 by die Oase-sentrum in Langstraat, Noorder-Paarl. Toegang is R5. * Oudstudente. Die oudstudente van New Orleans Sekondêr vergader op Woensdag 24 November om 10:30 by die skool. * Biblioteek. Die Jan van Riebeeckstraat-biblioteek op Wellington sal gesluit wees van 23 tot 27 November vir administratiewe sake en om die gebou te berook. * Kerssangdiens. Vanjaar hou die NGK Drakenstein op Sondag 28 November om 09:00 ’n Kerssangdiens in die kerkgebou onder leiding van Ena Koekemoer. Bessie van Zyl van die Paarlse Blommeklub doen die versierings. Daar is ’n deurkollekte ten bate van welsyn. * Kersvreugde. Die inwoners van Edwinastraat in Groenheuwel, word op 12 Desember vanaf 17:30 getrakteer met Kersmusiek. Kore sal optree. Die viering word gereël deur Mary Ockhuis, inwoner van nommer 44 (tel 083-883-5520).
More
News
|