GEDURENDE die naweek van 20 en 21 November word groot getalle belangstellendes verwag by die Bonsai-skou wat in die Stellenbosse Botaniese Tuin plaasvind.
Na verwagting sal ongeveer 40 boompies uitgestal word wat gedurende die voorafgaande weke met sorg uitgesoek en bederf word vir die groot geleentheid.
Die uitstalling is oop die Saterdag van 09:00 tot 17:00 en die Sondag van 10:00 tot 16:00. Bring probleemboompies saam.