’n FEESMARK met volop kunsgoed, hartsgoed, leefgoed en kindergoed word van 29 November tot 4 Desember aangebied in die saal van die NG Strooidakkerk in die Paarl. Daar sal ook ’n teetuin wees.
Die mark is daagliks oop van 10:00 tot 20:00 behalwe die laaste dag, wanneer dit om 15:00 sluit. Toegang is R10 (R25 vir ’n weekkaartjie)
Kredietkaartfasiliteite is beskikbaar.
Vir verdere navrae oor die feesmark, skakel Margie by 072-229-8396.