Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kuier saam onder die volmaan

Kuier saam onder die volmaan
 
2010-11-18


PIEKNIEKLIEFHEBBERS moenie die maandelikse volmaanpiekniek by die Taalmonument op Paarlberg op Saterdag 20 November misloop nie.

Dié pieknieks is gewild onder plaaslike inwoners én oorsese besoekers, wat veral die sonsondergang en naguitsig van die vallei geniet.

Volmaan is eers Sondag, maar die maan sal Saterdag reeds 99,2% vol wees. ’n Begeleide Monumenttoer sal om 18:30 aangebied word, en die monument sal tot om 22:00 oop wees.

Toegang by die hek is R12 (R5 vir studente en R2 vir kinders). Geen besprekings is nodig nie.

Besoekers moet onthou om flitse en warm klere saam te bring. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer.

Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjie saam te bring of om een by Volksmond Koffiewinkel te bestel (021-863-2800 of volksmond@taalmuseum .co.za).

Koffie sal te koop wees by ’n snoepie op die grasperk en ligte etes sal voorsien word by die koffiewinkel. Geen honde en vure word toegelaat nie.

Die laaste volmaanpiekniek vir die jaar vind op Dinsdag 21 Desember plaas en die laaste sterrekykaand met teleskope op Saterdag 11 Desember, waar ’n praatjie aangebied sal word oor die Bethlehemster.

Die monument is gedurende die somer daagliks oop tot 20:00. Vir verdere inligting oor geleenthede by die Taalmuseum of Taalmonument, skakel 021-872-3441 of besoek www.taalmonument.co.za.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za