Krieket-telbord
2010-11-18
DRAKIES EDU SE DERDES STEEL KOLLIG Drakenstein Edu III het die kollig gesteel toe hy Paarl IV met 118 lopies afgeransel het. Drakenstein het eerste gekolf en met Elton Alexander (63 6x4) aan die spits, 183/9 in sy 40 beurte aangeteken. Kaptein, Cornell Carelse (26 2x4), het ook goed vertoon. Net Keenan van Aarde, 2/17 kon met die bal hond haaraf maak. Lyall Pienaar, die 15-jarige Boishaai-leerder, het die hart uit die Paarlse kolflys geruk (5-3-3-4). Paarl is vir 67 lopies uitgehaal. Die tweede span verloor teen Brackenfell II met 8 paaltjies. Chester Kuiler (60) het ’n alleenstryd gevoer. Drakenstein is vir 97 uitgeboul, en Brackenfell het in sy jaagtog net 2 paaltjies verloor. ) PAARL-OOS II WEN OP DRAFSTAP Paarl-Oos II het met Paarl II afgereken en is die eerste span wat vanjaar oor die 200 lopies aangeteken het. Hulle het 235/6 aangeteken. Bjorn Hollenbach (25 2x4), Bruce Miller (102 11x4), Adrich Cook (47 4x4) en Heino Erasmus (25 2x4) het die beste met die kolf gevaar. Paarl II kon net 181 aanteken en het die wedstryd met 57 lopies verloor. Paarl-Oos se beste boulers was Llewellyn Cedric (9-1-30-3), Cook (9-0-38-3) en Wilton Vanneel (7-0-28-2). Garth Lewis was Paarl-Oos III se beste bouler (6-0-11-4) in hul wedstryd teen Van der Stel III. Van der Stel kon 100 (almal uit) aanteken waarop Paarl-Oos III met 102/6 geantwoord het.
More
News
|