Frank Opperman by die Ou Meul-teater
2010-11-18
DIE bekende akteur Frank Opperman is terug op die verhoog met ’n splinternuwe eenmanstuk, “Rooikaart”. Dit is by die Ou Meul-teater te sien op 18 en 19 November om 20:00. Ná die sukses van “Die uwe Pottie Potgieter” verras Opperman se vermoë jou weer eens wanneer hy ’n splinternuwe verhoogkarakter skep in die gedaante van Wally Koekemoer. Wally laat jou deurgaans glimlag wanneer hy dinge kwyt raak wat jou onwillekeurig herinner aan iemand in die regte lewe! Wally Koekemoer is die president van ’n plaaslike rugbyklub. Die verhoogstuk speel af in die klub, waar die jaarlikse rugby-prysuitdeling plaasvind. Wally behartig die prysuitdeling en doen sy bes om alles bymekaar te hou, ten spyte van die klein probleempie dat meeste van die spelers nie opgedaag het nie. Wally het ook ’n paar geraamtes in die kas. Die teks van Dana Snyman is skreeusnaaks en met Opperman se dinamiese vertolking, onder regie van Gys de Villiers, sal jy definitief met ’n groot glimlag uit die teater stap. Kaartjies is R100 by Vicky Stemmet (083-564-0056)mail.com).
More
News
|