DIE nuwe Wynvlieg-kelderteater by Boland-wynkelder bied op 27 November vir sangeres Lize Beekman aan met ’n keurspel van haar gewildste liedjies, en met uittreksels van haar nuutste CD “Sit ’n bietjie langs my”.
Op 10 Desember span Afrikaanse rock-godin Karen Zoid saam met Jak de Priester, om die gehoor in ’n behoorlike vakansiestemming te kry.
Bespreek by ann een@bolandkelder. co.za of by 021-862-6190.