Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gewapende roof by nuwe sentrum

Gewapende roof by nuwe sentrum
 
2010-11-18

Lise Beyers

SKAARS drie weke nadat die blink-nuwe Welgeleë Plein winkelsentrum in Wellington geopen het, het hulle reeds die slagoffer geword van ’n gewapende roof.

Twee sekuriteitsbeamptes is in die vroeë oggendure van Woensdag deur tien gewapende mans oorrompel. Die een beampte het daarin geslaag om te ontsnap, terwyl die ander een gedwing is om op sy maag te lê terwyl hy met ’n vuurwapen gedreig is.

Hierna het van die rowers die hoof-ingangsdeur oopgetrap en daarna die deur van ’n oogkundige.

Hier het hulle duur sonbrille ter waarde van ten minste R30 000 gebuit.

Die rowers het verder die sentrum inbeweeg en die ruit van die ingangsdeur van die Liquor Shop drankwinkel gebreek om toegang tot die winkel te verkry.

Volgens ’n sekuriteitsbeamptes het hulle talle bottels drank op ’n kombers gelaai en hul buit na die uitgang gesleep, waar ’n silwerkleurige voertuig op hulle gewag het.

Slegs die duurste drank, soos whisky en brandewyn, ter waarde van duisende rande is glo gesteel. Die mans het hierna gevlug.

Geen diefalarm is ten tyde van die roof geaktiveer nie. Ander sekuriteitsbeamptes wat toevallig op die toneel aangekom het, het die polisie van die voorval in kennis gestel. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

* An armed robbery has taken place at the new shopping centre in Wellington, barely three weeks after it opened.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za