Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Die Naaimasjien kom Meul-teater toe

Die Naaimasjien kom Meul-teater toe
 
2010-11-18


DIE eenvrouvertoning, Die Naaimasjien, met Sandra Prinsloo is vir die eerste keer in die Paarl, by die intieme Ou Meul-teater, te sien op Donderdag 25 November en Vrydag 26 November om 20:00.

Hierdie bekroonde eenvrouvertoning met teks deur Rachelle Greeff, gee ’n blik op ’n tyd wat reeds lank verby is: ’n tyd van baba booties, melkafleweraars, kouse met nate en moerkoffie.

Magdaleen is ’n unieke aanwins tot die skatkamer van klassieke Afrikaanse vrouekarakters soos sy by haar Bernina sit en terugkyk oor ’n lewe wat ook ’n vervloë deel van Suid-Afrikaanse geskiedenis saamvat.

Hierdie produksie vier ook Sandra Prinsloo se terugkeer na die soloverhoog. Dis die eerste keer sedert haar baanbrekerswerk in Jeanne Goosen se Koffer in die Kas dat sy sterk genoeg voel oor ’n karakter om haar weer lewe te gee op die verhoog, soos net hierdie ikoniese aktrise is.

Die regie is die werk van die veelbekroonde skrywer/regisseur/vervaardiger Hennie van Greunen, wie se produksies onder andere Shirley Valentyn, Op die vrou af, Die Hangkas Haas en Lyf reeds legendes op die feeskringloop is.

Intussen het Die Naaimasjien reuse sukses behaal met vol sale en staande ovasies en is bekroon by KKNK 2009 vir die Herrie Kanna Gewildheidprys asook vir Beste Vroulike Kunstenaar.

Kaartjies is R120 per persoon en kan by Vicky Stemmet bespreek word by 083-564-0056 of stuur ’n epos na vstemmet @gmail.com.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za