DIE opgradering van die Paarl amfiteater se nuwe klankstelsel, beligting en verhoog is pas voltooi en hierdie unieke konsertlokaal is nou slaggereed vir die Oppieberg Platinumkonsert met Juanita du Plessis, Kurt Darren en Navi Redd op 3 Desember.
Die amfiteater se somerkonserte het gedurende die afgelope paar jaar ’n opwindende instelling geword en vanjaar se Desember konsert sal verseker nie teleurstel nie. Die kunstenaars beloof vermaak uit die boonste rakke met nuwe treffers en gewilde gunstelinge wat konsertgangers op hulle voete sal hê.
Kaartjies verkoop baie goed en verskeie maatskappye het reeds blokbesprekings gedoen vir jaareindfunksies om personeel, kliënte en sake-vriende te onthaal.
Die unieke kombinasie van vyf-ster vermaak, ongelooflike natuurskoon en asemrowende uitsig oor die Kaapse Wynland, sowel as heerlike kos en wyn verseker ’n onvergeetlike aand!
Die hekke open reeds om 17:30. Kaartjies is R110 tot R150 per persoon en is aanlyn beskikbaar by www.cultivaria.com of kontak 021-872-9754.