Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Interessante boeke bekend gestel

Interessante boeke bekend gestel
 
2010-11-18

Johan Nel

DIE bekende Afrikaanse skrywer Anoeschka von Meck sal die bekendstelling van haar jongste boek Saterdag by die Breytenbach-sentrum op Wellington bywoon.

Die Ontwaking is ’n aangrypende nuwe biografie oor die lewe van Essie Honiball, die vrou wat reeds vir meer as 50 jaar feitlik uitsluitlik van vrugte leef.

Dr Dawie van Velden, ’n mediese navorser, sal by die geleentheid oor die heel jongste uitgawe van Honiball se boek, Ek Leef van Vrugte - Vandag, gesels.

Volgens hom is die impak wat die vrugtedieet oor ’n tydperk van meer as 50 jaar op die lewe van Honiball gehad het, nog nie ten volle ontrafel nie.

Sy was vir die mediese wêreld net so ’n belangrike rigtingwyser soos die melkmeisie wat teen die einde van die 18e eeu vir dr Jenner gehelp het om ’n entstof teen pokke te ontwikkel.

Honiball het oor die jare verskeie wetenskaplike toetse ondergaan sodat die uitwerking van die vrugte-dieet op die menslike liggaam wetenskaplik bepaal kon word. Hierdie toetse het gemaak dat daar vandag met nuwe oë na die rol van vrugte in die voorkoming van siektes gekyk word.

Von Meck, wie se boek Die Ontwaking Saterdag saam met die nuwe uitgawe van Honiball se boek by die Breytenbach-sentrum bekend gestel word, sê dat die skryf van hierdie biografie oor die lewe van Honiball vir haar as skrywer ’n lewenstaak was wat onlosmaaklik deel van haar eie lewenslegkaart is.

Hoewel Honiball reeds bykans 90 jaar oud is, het Von Meck haar deurgaans beleef as iemand wat dinamies en op en wakker is, iemand met ’n vlymskerp intelligensie en met die energie van ’n veel jonger persoon.

Die bekendstelling van die twee boeke vind Saterdag om 10:00 by die sentrum plaas. Diegene wat die geleentheid wil bywoon, kan 021-873- 3839 vooraf skakel.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za