Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Treine eis lewens

Treine eis lewens
 
2010-11-18

Lise Beyers

TWEE mense het verlede week vermoedelik hul eie lewens geneem, toe hulle voor aankomende treine ingespring het.

Geskokte pendelaars moes Saterdagoggend om 08:30 op Huguenot-stasie hulpeloos toekyk hoe ’n man vanaf die platform voor ’n trein inspring.

“Daar was niks wat enigiemand kon doen nie,” vertel ’n ooggetuie, Louis Fillies.

“Ons het rustig gestaan en wag vir die aankomende trein.

“Die man het net ’n enkele tree vorentoe gegee en onder die trein verdwyn.”

Danie Goedeman (61), van Daljosafat, is op slag dood nadat hy onder die wiele van die trein beland het. Reddingswerkers het twee ure lank gespook om sy liggaam daar uit te kry.

In hierdie tyd is alle treine vanaf Paarl na Kaapstad tot stilstand gedwing.

Goedeman se seun, en enigste oorlewende kind, Oem Chai Solomons, het gesê dat sy pa van ’n gebroke hart gesterf het.

“My ma, Tona, is in Augustus dood nadat sy ’n beroerte gehad het. Hy kon haar dood nooit verwerk nie.

“Hy was glad nie meer dieselfde mens nie en het net in sy dop ingekruip. Saterdagoggend het hy vroeg opgestaan, gewas en aangetrek en hy is van die huis af weg, sonder om enigiets te sê.”

Donderdagmiddag het ’n soortgelyke voorval afgespeel tussen Daljosafat- en Mbekweni-stasies.

John Arendse (35) van Groenheuwel het ook voor ’n trein ingestap. Volgens ooggetuies het die treinbestuurder die man langs die spoor sien staan en verskeie kere die trein se fluitjie geblaas.

Maar toe die trein nader aan hom kom, het hy voor die trein ingeloop.

Die trein het tot stilstand gekom en pendelaars is per bus verder na Mbekweni en Wellington vervoer.

’n Woordvoerder van MetroRail, Riana Scott, het die voorvalle diep betreur.

* Two people have died from stepping in front of oncoming trains in apparent suicides.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za