Dankie vir hierdie goeie diens
2010-11-18
EK voel baie sterk daaroor dat as ’n mens in vandag se tye nog puik, aangename diens en goeie gesindheid kry, dan moet mense daarvan te hore kom. Ek wil graag die Poskantoor in Lady Greystraat, Paarl, komplimenteer met hul bekwaamheid, bereidheid om altyd te help en die baie, baie vriendelike diens wat hulle aan my onderneming verskaf. Wat ’n plesier om nog sulke diens vandag te kan ervaar. Aan die hoof van dié poskantoor, sowel as die aflosbestuurder en al die personeel, baie dankie en doen so voort! Malcolm & Leona
More
News
|