Wat gaan aan by die Munisipaliteit?
2010-11-18
OP die onlangse begrotingsvergadering van die Munisipaliteit het die DA gevra wat aangaan, want dit is nou vyf jaar wat hulle wag vir 地 antwoord van die Munisipaliteit. Ek het 地 soortgelyke probleem. Twee jaar gelede het ek gekla oor 地 onwettige struktuur by ons buurman wat 地 veiligheidsrisiko vir ons inwoners van Groenleegte inhou. Dit is 地 onwettige Wendyhuis wat in die erf van die inwoner van Merlot Crescent 68, Oude Wingerd in Langstraat staan. Die Wendyhuis maak ons sekuriteitsomheining ondoeltreffend, aangesien enigiemand daarop kan klim en dan toegang kan kry tot Groenleegte. Die inwoner weier om dit te skuif, want dan kan hy glo nie sy motorfiets in die erf kry nie. Geen bouplanne is daarvoor ingedien nie. Die Munisipaliteit het drie keer kom inspeksie doen en saamgestem dat dit verwyder moet word. Na herhaalde skriftelike en persoonlike versoeke het ek elke keer 地 ander verskoning gekry. Daar is gepraat van geregtelike stappe doen die oortreder, maar ek het niks verder verneem nie. By ons oord het die Brandweer 地 jaar gelede aanbeveel dat ons 地 nooduitgang kry. Opvolgbriewe word nie beantwoord nie. Hulle antwoord jou net eenvoudig nie en jy kan brief op brief skryf met geen reaksie nie. Moet net nie probeer om iemand in die kantoor te kry nie. Die kantore is leeg. My slotsom is dat die verkeerde mense in die poste aangestel is wat geen organisasie- en besigheidsopleiding het nie. Dit is waarom jy geen reaksie kry nie. Kan die Munisipaliteit asseblief in die Paarl Post hierop antwoorde gee? WH du Preez Groenleegte
More
News
|