Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hou jou bankkaarte so veilig

Hou jou bankkaarte so veilig
 
2010-11-18


AS ’n mens eers in die vakansieluim is, word ons ingeoefende bewustheid van veiligheid en waaksaamheid verslap. Soos oor die bank-, krediet- en winkelkaarte wat op ’n ry in ons beursies lę.

ThinkMoney.co.za, First National Bank en Visa se wenke om jou geld op te pas en jou te beveilig teen bedrog is:

Dink aan jou bank- en kredietkaart as kontantgeld en hou dit altyd by jou of op ’n veilige plek.

Kyk uit vir kaartomruiling of enige verdagte ma­sjientjie by tolhekke en outotellers. As jou beursie gesteel word of jy dit verloor, meld al jou verlore kaarte onmiddellik aan.

As jy hulp nodig het in ’n vreemde land of dorp waar jy op reis is, moet geensins hulp van vreemdelinge aanvaar nie – gaan eerder die bank binne en kry daar hulp.

Lig jou bank in dat jy oorsee gaan reis en jou kaart vir betalings gaan gebruik.

Moenie vir ‘n oomblik jou oog van jou kaart afhaal by die betaalpunt nie.

Dieselfde geld wanneer jy in ’n restaurant betaal. Vra eerder dat die bankmasjien na jou tafel gebring word (dit geld ook by vulstasies!). Maak seker dat die kaart net een keer deurgetrek word en nie omgeruil word nie.

Gebruik net veilige webwerwe met goeie reputasies en moet nooit jou persoonlike bankbesonderhede (rekeningnommer of pinnommer) uitgee nie.

Staan naby die masjien en gebruik jou lyf as skans vir ekstra veiligheid.

Moenie jou kontantgeld by die outoteller staan en tel nie.

Registreer vir jou bank se SMS-diens wat jou onmiddellik laat weet as jou kaart gebruik word en meer as R100 onttrek word. Onthou om nooit ooit op e-posse te reageer wat jou rekeningnommer, kaartnommer en vervaldatum eis nie. Vir meer, besoek die webwerf thinkmoney.co.z.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za