Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl Medi-Clinic Noodsentrum

Paarl Medi-Clinic Noodsentrum
 
2010-11-18


PRIVATE mediese praktisyns van die Paarl, Wellington en Franschhoek is sedert 1 November in beheer van die Paarl Medi-Clinic 24-uur Noodsentrum.

Die nuwe bemanningsmodel verseker die beskikbaarheid van ervare, bekwame en meestal plaaslik bekende algemene praktisyns. Die hospitaal moes tot onlangs swaar steun op die diens van locum dokters wat oor die algemeen van buite die omgewing was.

Paarl Medi-Clinic bly steeds verantwoordelik vir die voorsiening en bestuur van die fasiliteit, toerusting en verpleegpersoneel, terwyl die dokterspraktykgedeelte deur private praktisyns bestuur sal word. Daar sal dus voortgegaan word met die huidige stelsel waarvolgens twee rekeninge van noodsentrum-pasiënte gehef word: ‘n rekening deur die hospitaal vir die gebruik van die fasiliteit, en ’n aparte rekening vir die konsultasie.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za