Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vier Afrikaans se diversiteit

Vier Afrikaans se diversiteit
 
2005-10-06


’n SPESIALE ope dag word Maandag by die Taalmonument op Paarlberg aangebied ter viering van die dertigste bestaansjaar van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument.

Die verrigtinge sal om 11:00 begin en tot 15:00 duur.

Die monument, ’n skepping van die argitek Jan van Wijk wat vroeër vanjaar oorlede is, gee erkenning aan die diverse wortels van Afrikaans wat oor drie kontinente, naamlik Europa, Asië en Afrika, versprei is.

Gratis begeleide toere sal aangebied word, waartydens die simboliek van die verskillende suile en koepels van die monument verduidelik sal word.

Besoekers sal na tradisionele Afrikaanse musiek kan luister en by die stalletjies sal eetgoed, handwerk en tweedehandse boeke te koop aangebied word.

Almal is welkom om op dié dag die diversiteit van Afrikaans te kom vier en meer te kom uitvind oor die wortels van Afrikaans.

Groepe moet vooraf bespreek vir begeleide toere. Skakel 872-3441 vir meer inligting.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za