Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Meer water nodig

Meer water nodig
 
2010-11-25


'n VERGADERING om ’n studie te loods oor die moontlikhede van aanvulling van die watervoorraad van die Voëlvleidam, word op Saterdag 4 Desember van 15:00 tot 17:00 op Worcester gehou by die Protea Hotel.

Die Departement Waterwese stel tans ondersoek in na opsies om die watervoorraad van die Wes-Kaap uit te brei.

Die studie word onderneem deur Western Cape Water Consultants, ’n konsortium wat Aurecon (voorheen Ninham Shand) insluit. Aurecon bestuur ook die openbare deelnameproses.

Uitgebreide studies is reeds gedoen en twee moontlikhede is geïdentifiseer om die invloei na die Voëlvleidam te verhoog.

Die een opsie is om meer water uit die Bergrivierdam te keer in die winter. Die ander opsie is om meer water uit die Breede­rivier te keer via die Boontjiesrivier by Michellspas.

Vir verdere inligting, kontak Franci Gresse by 021-481-2511 of franci.gresse@af. aurecongroup.com of skryf aan Posbus 494, Kaapstad, 8000.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za