Kiesers leer van stem
2005-10-06
DIE Onafhanklike Verkiesingskommissie is tans besig met 'n kiesersopvoedingsprogram in die Drakenstein munisipale gebied.
Die Koinonia Jeugsentrum was vir hierdie doel gekontrakteer om verskeie inligtingsessies oor die komende plaaslike verkiesing te hou.
Die doel met die program is om ’n bevorderende klimaat vir vry en regverdige verkiesings te bevorder, om kennis en verstaan van die verkiesingsprosesse te bevorder en te verhoog, om ’n kultuur van demokrasie te bevorder deur bewusmaking van burgerlike verantwoordelikheid en om teikengroepe en areas waar kiesersopkoms histories laag was, te bemagtig om ten volle deel te neem in die verkiesingsproses.
Die projek fokus op om mindergeletterde mense in landelike gebiede en informele woonareas te bereik, veral in Wellington, Gouda en Saron.
Die eerste inligtingsessie op Saron in positief ontvang.
Sę Steven Joachim, gemeenskapsleier op Saron: “Ons, die gemeenskap in Saron, het groot waardering vir die belangrike inligting wat die OVK met ons kom deel het.
“Ons mense het dit nodig en sal beslis meer van sulke sessies verwelkom, met die oog op volgende jaar se munisipale verkiesing”.
Vir meer inligting of belangstelling rakende hierdie projek kan André Smith, projekbestuurder, gekontak word by 872-2141/2/3, gedurende kantoorure.
More
News
|