’n Vrou het Donderdagoggend op die R45 noord van die Paarl gesterf toe sy deur ’n voertuig getref is. Die vrou was waarskynlik op pad na ’n nabygeleë plaas waar sy as loswerker gewerk het. Haar identiteit is steeds onbekend. Enigiemand wat die polisie kan help hiermee, kan kapt Louise du Plessis skakel by 082-850-9614.Foto: Lise Beyers