Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Die koeël is deur die kerk

Die koeël is deur die kerk
 
2010-11-25

Lise Beyers

DIT is nou ’n uitgemaakte saak dat Hugenote Kollege nie sy deure volgende jaar sal oopmaak vir eerstejaarstudente nie.

Die kollege sal sy deure effektief moet toemaak omdat dit ’n ongeregistreerde private instelling is, en selfs al het hulle wel op ’n samewerkingsooreenkoms met die Universiteit van Stellenbosch ooreengekom, word dit nie goedgekeur deur die Departement van Hoër Onderwys nie.

Volgens die Wet op Hoër Onderwys word daar nie voorsiening vir ooreenkomste gemaak tussen private en staatsinstellings nie.

Met die gevaar van die sluiting van die instansie is talle pleidooie persoonlik gerig aan die Minister van Hoër Onderwys, dr Blade Nzimande, om ’n reddingsboei na die kollege uit te reik, sodat hierdie instansie kan voortgaan om broodnodige maatskaplike werkers op te lei.

Tans wil dit lyk asof hierdie pleidooie vir ’n spesiale vergunning op dowe ore geval het.

En alhoewel ’n woordvoerder van dr Nzimande se kantoor aangekondig het dat hulle wél sal ingryp om die sluiting te stuit, is daar nog nie werk gemaak van hierdie belofte nie.

In ’n verklaring het die waarnemende rektor van die kollege, prof Naas Swart, erken dat geen nuwe studente vir 2011 ingeneem sal word nie.

“Alle amptelike skrywes wat sedert Minister Nzimande se belofte in die parlement deur die Kollege aan die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding gerig is, is tot dusver met stilswye beantwoord.

“Terwyl pogings tot onderhandeling egter onverpoos voortgaan, is die huidige realiteit dat die Kollege nie toestemming het om eerstejaars in te neem nie en dat die kanse daarvoor al hoe onwaarskynliker lyk.

Die kollege se verteenwoordigers is wel genooi vir ’n vergadering met Nzimande op 27 November, en daar word gehoop dat dit vrugte sal afwerp.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za