Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Telefoon-nagmerrie vir Paarliet

Telefoon-nagmerrie vir Paarliet
 
2010-11-25


TOT 20 keer ’n dag moes Martie van den Heever haar telefoon antwoord, net om te hoor dat die verkeerde nommer geskakel is.

En keer op keer vra die stem aan die anderkant van die lyn of dit die Departement van Binnelandse Sake in die Paarl is.

Want Van den Heever se telefoonnommer en dié van Binnelandse Sake verskil met slegs een syfer. Binnelandse Sake is 021-870-4401, terwyl Van den Heever s’n 021-872-4401 is.

“Ek was raadop. Ek het ’n ruk terug ’n breinoperasie ondergaan en kan nie meer so vinnig beweeg nie. Dus as ek buite in die tuin werk, neem dit my ’n ruk om in die huis te kom.

“Dikwels sê ek ook vir die mense dat hierdie nié Binnelandse Sake is nie, maar sowaar as wragtig, dan bel hulle weer.”

Volgens Martie is haar nommer tot onlangs aan mense gegee wat navraag gedoen het vir die telefoonnommer van Binnelandse Sake, Paarl.

“Ek het sedert 2008 gesukkel om hulp te kry van die departement af dat hulle ophou om verkeerdelik my nommer uit te gee. Hulle het selfs in ’n staduim gesê dat ek liewer my telefoonnommer moet verander.”

Maardit blyk nou dat Van den Heever se klagtes uiteindelik vrugte afgewerp het. Die inbel-sentrum gee nou heeltemal ’n ander nommer vir die Paarl aan.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za