Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Krieket-telbord

Krieket-telbord
 
2010-11-25


TIERE WEER AAN WENKANT

Young Peoples I het Saterdag korte mette gemaak met Coronations op Daljosafat. Peoples behaal 191/8 in 45 boulbeurte met Brendon Adams (39), Brendon Gabriels (32) en Dominic Daniels (28). Jacques van Wyk (2/31 in 9bb) en Enslin Williams (2/31 in 7bb).

Coronations is vir 110 lopies uitgeboul. Charlton Daniels (2/7 in 6bb), Clint Philander (1/27 in 8bb) en veral Adams (4/25 in 8bb) het goed geboul.

Die tweedes wen met 7 paaltjies in ’n weg-wedstryd teen Darling. Gercian Gabriels (4/25 in 8bb) en Tom Senkington (5/26 in 9bb) was giftig met die bal. Melvyn Jackson (63 van net 42 balle) was verwoestend met die kolf.

) DRAKENSTEIN EDU KLOP ’N GUNSTELING

Drakenstein Edu I het een van die gunstelinge in die Premier B-liga, Bergrivier, met 2 paaltjies geklop.

Jordan Evans (5/34) en Wayne Jacobs (2/30)het egter hul staal getoon en in tandem die lopiekrane toegedraai. Daarby was die Drakies se veldwerk puik en geen vangkans is verbrou nie. Bergrivier is in die 43ste beurt vir 187 uitgeboul. Slegs Waylon Libbie (57), en Ricardo Minnaar (22), kon lopies kry.

Kuilder (37), Juliano Philander (40) en Gerswin Philander ( 20) het goed gekolf.

Bergrivier se Libbie ( 4/17) en Fabian Arendse (2/31) het goed geboul en Drakenstein was skielik op 128/6 met die rug teen die muur.

Nigel Fredericks (20) het vasgeskop en die wenlopies gemoker.

) PAARL-OOS POOTJIE HOMSELF

Swak kolfwerk of baie goeie boulwerk? Paarl-Oos I ondersteuners meen dit is baie swak kolfwerk wat veroorsaak het dat Paarl-Oos verlede naweek ’n deeglike loesing van Paarl gekry het (sien berig p.36).

Paarl-Oos III het maklik met 168 lopies teen Paarl gewen.

Hulle het 269/10 aangeteken met Manfred de Kock (33 6x4), Rodger Cupido (32 (4x4 2x6), Justin Pietersen (82 n.u.n. 11x4), Rahoul Paulse (29 6x4) en Herschelle Poggenpoel (25 1x4).




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za