Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pad loop dood met kontrakteur

Pad loop dood met kontrakteur
 
2010-11-25

Lise Beyers

DERDUISENDE rande is deur die Drakenstein Munisipaliteit oorhandig aan ’n kontrakteur, wat nooit sy werk voltooi het nie.

Planne is ’n hele paar jaar gelede gemaak om Van der Stelstraat in Paarl-Oos in die geheel ’n dubbelbaanpad te maak, tot by die aansluiting met die Bo-Dalpad.

Tenders vir hierdie werk is ingeroep en ’n ‘geskikte’ kontrakteur is gekies om die werk aan te pak om die ekstra twee bane te bou.

Maar skaars is daar begin werk, of dit het in ’n doodloopstraat beland.

Volgens die Munisipaliteit het die kontrakteur ‘kapasiteitsprobleme’ ondervind en kon die werk nie afhandel volgens die werksprogram nie.

Verskeie opvolggesprekke is gevoer en die kontrakteur het telkens belowe om die werk so gou as moontlik af te handel.

Maar keer op keer val hierdie gesprekke op dowe ore.

Die kontrakteur gaan nou ’n finale aanmaning ontvang om die werk voor einde Desember vanjaar af te handel.

“Indien hy in gebreke bly om die werk af te handel sal die Munisipaliteit die werk self voltooi sodra die werksprogram dit toelaat,” het munisipale woordvoerder, May Carolissen gesê.

“Vir die afgelope twee jaar is daar ’n tekort aan die voorsiening van bitumen in die Wes-Kaapprovinsie. Tans is dit ook die situasie en word werksprogramme hierdeur beïnvloed.”

Dit is steeds onduidelik wat die betalingsooreenkoms tussen die kontrakteur en die munisipaliteit was.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za