Toer saam met die Renegades in 2011
2010-11-25
DIE Renegades skolerugbyspan onderneem hulle 5de toer na Argentinië in Junie 2011. Die toer is ’n geleentheid vir enige speler van enige standaard om ’n oorsese rugbytoer mee te maak. Al vereiste is dat spelers in 2011 o.16 of o.17 moet wees. Spelers van Paarl Gim, Boishaai, Oakdale, Bishops, Rondebosch, SACS, Wynberg, Jan van Riebeeck, Boland Landbou en Paul Roos het vorige toere meegemaak. Die 2011 toer gaan Buenos Aires, Rosario en Pergamino besoek en vier wedstryde speel. Die toergroep sal uit 28 spelers en 2 afrigters bestaan. Daar is nog 9 plekke beskikbaar, 8 vir voorspelers en 1 vir ’n agterspeler. Vir verdere inligting, kontak Kallie Pretorius by 083-467-8387 of besoek www.rugbymatters.co.za
More
News
|