Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Leerder geboelie

Leerder geboelie
 
2010-11-25

Lise Beyers

GEBRAND met brandende vuurhoutjies, gedwing om kaal uit te trek en rond te dans, en binne ’n asblik gedruk wat toé geskop en geslaan is.

Dit is maar net ’n paar voorbeelde van die marteling wat ’n sestienjarige meisie in die eerste vyf maande van haar skoolloopbaan op Weltevrede Hoërskool moes verduur.

Claudia Davids (16) het in Julie haar intrek geneem by haar tannie, Saronica Rhode in Brandbergsingel, New Rest, nadat haar ouers oorlede is.

Claudia is soos ’n eie kind in die huis ontvang en toe die derde skoolkwartaal afskop, is sy met groot opgewondenheid na Weltevrede Sekondêr.

Maar wat ’n vreugdevolle ervaring moes wees vir die tiener in graad agt, het in ’n nagmerrie ontaard.

“Die kinders het my eers gevloek en name genoem. En toe begin die brandery. ’n Paar van hulle sal my gryp en vasdruk, terwyl nog iemand ’n vuurhoutjie aan die brand steek en dit teen my vel hou.

“Ek het gehuil van die pyn, maar hulle het net gelag.”

En wanneer Claudia huis toe gekom het en haar tannie sien die brandmerke aan haar liggaam, het sy net verskoning gemaak en gesê dat sy per ongeluk haarself gekrap het.

“Ek was te skaam om te sê wat alles by die skool aangaan.”

Maar Donderdag wou Saronica agter die kap van die byl kom.

“Toe Claudia weer huis toe kom met ’n merk aan haar skouer, het ek gesê, genoeg is genoeg. En daar kom die hele sak patats toe vorendag.

“Sy vertel toe van die brandery en ook nóg afskuwelik dinge wat die kinders aan haar gedoen het. Claudia het leerprobleme, maar sy is ’n goeie kind.

“Vrydagoggend is ek skool toe en wou die hoof oor die aangeleentheid aan­- spreek. Hy was nie daar nie, maar van die ander onderwysers het die graad agts en neges bymekaargeroep en die skuldiges is uitgewys.”

Maar Saronica het dit nie daar gelaat nie. Sy het die polisie ontbied en ’n klag van aanranding teen die groepie jongmense gelê.

Hierna is hulle in ’n vangwa gelaai en na Wellington polisiestasie geneem.

Maar die kinders was glo Maandagoggend weer op die skoolterrein en een meisie het vir Claudia gedreig.

Weltevrede Sekondêr se skoolhoof, Nealle Albertus, wou nie kommentaar lewer oor die voorval nie.

* A case of assault has been made at Wellington police station, after a learner was severely bullied by fellow students.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za