Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skakelpaar-kopseer vir Loffie

Skakelpaar-kopseer vir Loffie
 
2010-11-25


DIT wil voorkom of Loffie Eloff, Boland se direkteur van afrigting, aanstaande seisoen met ’n ‘lekker’ kopseer gaan sit wanneer dit kom by die kies van die Boland Kavaliers se skakelpaar.

Wie ook al Loffie gaan kies om op ’n gegewe wedstryddag in die nommer nege en tien truie van Boland diens te doen, behoort egter gemaklik die mas op te kom.

Die Boland Kavaliers se Elgar Watts, Willie le Roux (albei losskakels), Bolla Conradie en Marnus Hugo (albei skrumskakels) is almal na die Stormers se oefenkamp genooi om saam met dié Super 15 rugbyspan te slyp vir die 2011 seisoen. Dit is ’n aanduiding dat daar talent in die Boland is.

Watts (25) het vanjaar ’n droomseisoen beleef as die Pumas se eerste keuse op losskakel in die Curriebeker-reeks, met die gevolg dat ’n hele paar unies sy dienste wou bekom.

Dié oud-leerder van Klein Nederburg Sekondêr in die Paarl het egter besluit om na sy tuisdorp terug te keer, nadat hy laas in 2008 vir die Kavaliers uitgedraf het.

Willie le Roux (21) was vanjaar een van die Boland Kavaliers se groot uitblinkers. Op losskakel het hy ’n groot aandeel gehad in die Kavaliers se vermoë om vanuit elke hoek van die speelveld ’n aanval te loods.

Le Roux, ’n oud-leerder van Paul Roos Gimnasium, was ook vanjaar op SA Rugby se kortlys vir Curriebeker Eersteliga-speler van die Jaar.

Bolla Conradie (32), wat agtien toetse vir die Springbokke gespeel het, het vanjaar die Boland Kavaliers aangevoer in die Curriebeker eerste liga.

Conradie is ’n oud-leerder van Kasselsvlei Sekondêr en Bellville-Suid en was vir jare lank ’n staatmaker vir die spanne van die Stormers en die Westelike Provinsie.

Marnus Hugo (24) is terug by die Boland Kavaliers nadat hy vanjaar vir Griekwas (in die Curriebeker) en die Cheetahs (in die Super 14) uitgedraf het.

Hugo, ’n oud-leerder van Hoërskool Paarl Gimnasium, het in 2009 sy laaste wedstryd vir die Kavaliers gespeel.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za