DIE studente van die Mimi Haasbroek Sangskool hou op 3 Desember hul Kerskonsert om 19:00 in die Duitse kerksaal in Meulstraat, Paarl.
Die eerste gedeelte van die konsert is gewone musiek waarna ’n Kerskonsert met vele verrassings sal volg.
Kaartjies is R40 en verversings sal te koop aangebied word tydens pouse.
Vir navrae, kontak Mimi Haasbroek by 082-585-0632.