’n INLIGTINGSESSIE oor die Afrikaanse Taalraad (ATR) word gehou op Maandag 29 November (15:00) by die Taalmuseum.
Die sessie is spesifiek gerig op verteenwoordigers van instansies/organisasies wat in Afrikaanse gemeenskappe werk.
Die ATR Taalraad is ’n sambreelliggaam waarby meer as 40 burgerlike organisasies landwyd geaffilieer is. Dit sluit in taalorganisasies, ontwikkelingsorganisasies, onderwysliggame en verenigings, studenteliggame, kultuurliggame, religieuse groeperinge, geletterdheidsorganisasies, leeskringe en so meer.
Naas onderwys is daar talle uitdagings wat kollektiewe aksie verg; daarom dat die ATR graag sy netwerkskeppende en koördinerende rol wil uitbou.
Die aanbieding sal onder meer fokus op die ATR se werkgebiede en op samewerkingsmoontlikhede, plaaslik en internasionaal.
Bespreek jou plek by Ria by 084-221-9153.