ALMAL word vriendelik uitgenooi na die Strooidak Feesmark wat van 29 November tot 4 Desember 10:00-20:00 (weeksdae) en 09:00 tot 15:00 (die Saterdag) in die Strooidak-kerksaal aangebied word.
Strooidakfees het reeds 80 en meer gehalte-uitstallers van tuisgemaakte artikels wat van so ver as Vredenburg, Patensie en Gansbaai kom.
Produkte soos draadkersbome en versierings, leermeubels, skilderye, tuisgebak, klere, juwele, geskenke, musiek, glasware, olywe, droë vrugte en biltong, kindereetgoed en -speelgoed, houtwerk, messegoed en seep en vele meer is teen billike pryse te koop.
Kom kuier by die teetuin waar jy ligte etes, koffie, tee en koek kan geniet, met speelplek vir die kinders.
Toegang is R10 (R25 vir die week). Kontak Margie by 072-229-8396 vir meer inligting.